KINDERKERK SPEEL-SPEEL
NUUT! Leer die Bybelboeke ken van Genesis tot Openbaring met lekker interaktiewe lesse (3 jaar se lesse) en speletjies en prettige geheuesketse. Nog nooit was dit so maklik om die Bybel te leer ken en die boeke te onthou nie.
Vir maniere om kinderkerk of huisgoedsdiens lekker pret te maak, kyk gerus na ons mevrou Doeminie, Rene, se blog:
www.bybelboekwurm.blogspot.com
11. FILIPPENSE
SLEUTELWOORDE: WEES ALTYD BLY
Paulus het waarskynlik hierdie brief aan Filippi geskryf aan die einde van sy lewe terwyl hy in Rome in die tronk was. Hy is ’n goeie voorbeeld van iemand wat baie swaar kry, maar wat steeds bly kan wees. Hy sê dit is omdat hy die Here ken en die Here maak hom sterk. Daarom sien hy kans vir die swaarkry. Dit het ook nie net altyd goed gegaan met Christus nie. Hy was ook geslaan en selfs gekruisig, maar hy het nie moedeloos geraak nie. Die Here God het hom gehelp en sal ons ook help. Ons moet net glo. Paulus skryf die brief ook omdat daar van sy vyande was wat slegte stories oor hom versprei het in Filippi. Hy sê egter dat die blydskap oor die Evangelie maak dat hy elke teleurstelling met vreugde kan hanteer omdat jy Jesus ken.
HOOFDELE VAN DIE BOEK FILIPPENSE
1. Die tipiese aanhef en begin (1:1-2)
2. Paulus vertel die Filippense dat hy vir hul bid, van sy eie omstandighede in die tronk, en wat sy onmiddellike toekomsverwagting lyk. (1:3-26)
3. Dan gee hy verskillende oproepe (1:27-2:30): ’n oproep tot volharding, tot eensgesindheid, om as verloste mense te leef. En hy skryf van die manne wat hy stuur: Timoteus en Epafroditos.
4. Dan volg ’n deel waarin hy die gelowiges vertel hoe hul moet vasstaan en getrou bly aan die Here (3:1-4:9): Hy noem dat gelowiges moet fokus op Christus en nie uiterlike dinge nie, en hul moet Jesus se weldade hul eie maak en hul moet die regte mense kies om as voorbeelde/rolmodelle te gebruik, en hul moet eensgesind wees, altyd bly wees en reg dink en doen.
5. Hy eindig met sy blydskap oor geld wat Epafroditos vir hom van die Filippense af saam gebring het en eindig met sy gebruiklike groete (4:10-23).
HOEVEEL LEIDRADE LAAT JOU AAN FILIPPENSE DINK?
1. Paulus sit in die tronk en is aan kettings vasgebind en skryf vir die gelowiges van Filippi dat hulle altyd vol vreugde moet wees al gaan dit sleg met hulle.
2. Hy skryf in die brief hulle moet volhard (soos die atleet wat hardloop om die wenpaal te bereik).
3. Hy skryf ook hul moet eensgesind wees (soos die hardlopers saam hardloop as ’n span).
4. Hy skryf ook hul moet leef as verloste mense (soos die kinders wat vrolik en onstpanne aan die wedren deelneem).
5. Paulus sê soos die outjies wat aan die resies deelneem, voluit hardloop om eerste by die wenpaal te kom, so moet ons elke dag ons bes probeer om te doen wat Jesus wil hê omdat hy ons vriend is wat ons aanmoedig en help.
6. Jesus is jou vriend, die een wat vir jou wag met die wenprys, die beker, as jy klaar gehardloop het. En hierdie prys (beker) is dat jy hemel toe gaan saam met hom aan die einde.
7. Paulus praat ook van sy probleem en dat hy sukkel om altyd die goeie dinge te doen of te dink (die treurige outjie in die borrel), maar as hy ’n fout maak, dan probeer hy net meer sy bes om te leef soos Jesus sê. Dan sê Paulus ook net altyd dankie vir alles wat Jesus vir hom doen en hou styf aan Jesus vas.

PREDIKANTSVROU ONTWERP BYBELBOEKE IN SKETSE!
Om kinders op ’n lekker manier al 66 boeke van die Bybel te leer, is die droom van René van Zyl, predikantsvrou, kinderwerker en skrywer van Hartbeespoort. Hierdie droom is gebore uit haar vroeëre beroep as joernalis, sê sy, toe haar leuse was: om in te lig, op te voed en te vermaak! Dit het sy toegepas op die Bybel en die vrug van haar werk is 'n laserskyf met al 66 boeke van die Bybel in geheue-prente saamgevat. Hieraan werk sy al die afgelope vyf jaar.
Dié bonte mengelmoes van prente in kleur, asook in swart en wit, is die produk van jare se navorsing, versameling van inligting en van sketse ‘optower’ waarin die essensie van elke Bybelboek saamgevat is. Nou kan 'n mens met een oogopslag 'n geheelprent kry van elke Bybelboek. Dit is so kreatief gedoen dat groot en klein nou hul Bybel op die punte van hul vingers kan opsom, omdat die brein ’n prent het om mee te werk. Die pragtige en humoristiese illustrasies is gedoen deur René se kunstige suster, Esmé Walker, wat self spog met 'n ATKV Veertjie toekenning vir 'n vroeëre kinderboek se illustrasies.
Die laserskyf waarin al die Bybelboekprente saamgevat is, bevat ook die leidrade wat nodig is om elke skets te verstaan en René het 'n eenvoudige geïllustreerde Bybelse tydlyn aangeheg. Ja, onthou die leuse: inlig, opvoed en vermaak! Sy sê sy leer die kinders by die Kuierkerk waar haar man, Anton,die predikant is, ook hierdie Bybelboeke. Hiermee saam gebruik sy interaktiewe lesse wat sy weekliks skryf en wat pas by die Bybelboekprente. Daar lê vir haar min waarde in om die kinders, soos oor al die jare, slegs die Bybelkarakters met 'n morele les te leer. Die kind moet van kleins af die Bybel in sy volheid leer ken, met die tydlyn en die betekenis van elke boek vir ons in vandag se tyd, sê sy passievol. Haar man gebruik hierdie sketse ook met groot sukses by sy weeklikse Bybelskool om vir volwassenes die Bybel makliker verstaanbaar te maak. Die grootmense geniet die prente net soveel soos die kinders en almal is dit eens dat hul nou maklik die Bybelboeke kan onthou.
René het oor baie jare as kinderwerker en poppemeester begin agterkom hoe sleg kinders (en hul ouers) die Bybel ken. Sy wou hierdie tendens verander. Hoeveel mense weet selfs dat daar 66 boeke in die Bybel is? Die sketse is veral waardevol vir regterbrein mense (groot en klein) wat in prentjies dink. René sê dat sy met hierdie projek self buitengewone kennis opgedoen het en dat sy nou vir die eerste keer in haar lewe werklik voel sy begin die Bybel verstaan. Sy geniet dit as mense vertel hoe hul nou toegerus is om die Bybelboeke te onthou omdat hulle 'n geheue-skets het van elke boek en 'n eenvoudige tydlyn wat die Bybelse tyd verduidelik.
René is ook die skrywer van die 2010 Christelike jeugboek, Wee Monk’s Tale, the Secret of Immortality en 'n Christen interaktiewe bordspel, Kruispad, wat sy self laat druk en uitgee het. Totdat sy 'n uitgewer vir die Bybelboek laserskyf kry, bemark sy dit self om haar kostes te dek.
Navrae oor die produk kan gerig word aan:
[email protected]
Of selfoon: 082 3964 100.