Kuierkerk is n onafhanklike kerk waar ons God 3enig aanbid - Vader, Seun en Gees. Ons glo dat elke mens n unieke pad met God stap en ons aanvaar mekaar en elkeen leer by mekaar op die aardse pad.
Uitreike behels: Vul n Magie met Marietjie van Heerden aan die hoof. Sy verskaf kos, klere en huisbenodighede aan heelwat gesinne in die omgewing wat deur moeilike tye gaan. Kuierkidz Leersentrum vir Breingestremde kinders op Hartbeespoort. Hierdie uitreik is uit Kuierkerk gebore as gevolg van nood onder ouers van kinders met breingestremdhede. Die sentrum is tans 25 kinders sterk en 15 Tutors sien om na hulle. Die skoolhoof is Rene' Coetzee. Informele dienste: Dis ons grootste uitreik aangesien ons Sondae dienste hou sonder diskriminasie en sonder veroordeling vir almal wat nood het, ongeag waar jy jouself in die lewe bevind. Saam leer ons by mekaar en help mekaar. En kuier saam om n koppie koffie en oor ons probleme. Epos: [email protected] Selnr. 0822580970. Skemerberg, Plot 291 Rietfontein, Hartbeespoort - langs die R511. 09.00 Sondae. |
KUIERKIDZ LEERSENTRUM VIR BREINGESTREMDE KINDERSDie Kuierkidz Leersentrum, ‘n nie-winsgewende opleidingsentrum vir breingestremde kinders waar kinders en jong volwassenes veilige daaglikse sosialisering- en ’n persoonlike terapie-program ontvang.
Die sentrum het in Augustus 08 sy deure geopen en die reaksie en hulp van die Hartbeespoort inwoners tot myngroepe in Rustenburg, het alle verwagtinge oortref. Die sentrum is begin nadat die predikant van die Kuierkerk op Harties, ds. Anton van Zyl, genader is deur ouers van Hartbeespoort wie se gestremde kinders Brits of Pretoria toe moes ry vir gepaste skole. Anton, wie se eie seun, Sean-Jacques (op daardie stadium 17), breingestremd is sedert 'n jong ouderdom, het saam met die ouers dadelik begin met die sentrum se beplanning. En sedertdien kyk hulle nie terug nie. Die sentrum neem kinders in met ‘n wye verskeidenheid verskillende kondisies soos outisme, down-sindroom lyers, asook ander tipe breingestremdhede. Die gedagte is dat die kinders voordeel kan geniet van stimulasie van al hul sintuie maar veral van sosialisering met maatjies wat hulle verstaan, aangesien daar nie eintlik sulke sentrums bestaan wat kinders bedien met erg breingestremdhede nie. Elke kind het 'n fassiliteerder wat persoonlike aandag en terapie gee sodat kinders hul maksimum potensiaal kan bereik. Ons sentrum het vir lank slegs 7 kinders akkommodeer maar begin 2014 het ons die dinamiese oud-skoolhoof, Rene Coetzee aangestel om die skool reg te ruk. Sedertdien het ons gegroei tot 25 kinders en 15 tutors wat gereeld indiensopleiding kry om die beste vir ons kinders te kan bied. Rene' het die SNAP (Special needs adapted program) program wat wyd gebruik word, aangepas sodat die kinders nie slegs een-tot-een aandag kry nie maar ook tussen elf 'stasies' rond beweeg op n daaglikse basis. Sy evalueer kinders en skryf programme landswyd vir kinders wat nie so gelukkig is om naby n skool te wees nie. Dis belangrik dat kinders daagliks gestimuleer word met verskillende soorte terapie wat taalvaardigheid insluit. Die kinders moet kans kry vir sosialiseer en moet hul menswaardigheid moet behou te alle tye. Die sentrum word ook deur die ouers self bestuur en ekstra fondse wat nodig is vir maandelikse salarisse en lopende kostes, moet privaat ingesamel word, aangesien die ouers nie al die onkostes kan dra nie. Ons is tans in ’n huis in Schubartstraat in Melodie in Hartbeespoort wat ideaal vir ons sentrum is. Ons droom is om die perseel aan te skaf en later ook as n tehuis vir oorslaap te gebruik. Ons kort n paar miljoen rand wat ons glo ons van ons hemelse Vader gaan ontvang, aangesien ons nie die nodige fondse het om dit aan te skaf nie. Die koste vir ‘n kind per maand om sodanige individuele terapie te ontvang beloop R5000 en ons ouers betaal hiervan R2800 pm. Daar is heelwat kinders wat nie die skoolgeld of private terapeute kan bekostig nie en daarom is ons skool altyd opsoek na borge of donasies om die kinders voldoende te kan help. Die Kuierkidz leersentrum is ‘n nie-winsgewende organisasie wat poog om kinders met ernstige breinbeserings ‘n voller lewe te gee deur hulle basiese lewenstake aan te leer. Ons waardeer enige bydrae of donasies om ons maandelikse onkostes te dek. KUIERKIDZ LEERSENTRUM VIR BREINGESTREMDE KINDERS OP HARTIES www.kuierkidz.blogspot.com Adres: Skemerberg, Pot 291, Rietfontein, Hartbeespoort. Posbus 834, Hartbeespoort, 0260. Epos: [email protected] of selnr. 079 626 9859. BANK INFO KUIERKIDZ REKNR. 015061108 Standard bank Hartbeespoort NPO number: 083-526. |
KUIERKERK INFORMELE DIENSTE SONDAE 09.00KOM VROEG VIR KOFFIE, KUIER EN BESKUIT!
By Kuierkerk glo ons daarin om almal welkom te laat voel - of jy jou kerklos, kerkloos, kerkvoos of sommer net kerklus is. Almal is welkom en elkeen kan sy eie droom en bediening hier uitleef. Ons probeer reels min hou en leef vanuit die liefde van Christus. En ons glo veral daarin om n seen te wees vir die wereld, sonder vooroordeel of voorskrifte. Ons hou van informele dienste, individuele en unieke aanbiddingstyle en almal is welkom by Kuierkerk van 'n boemelaar tot n besigheidsman. Almal se gawes word gebruik. Ons is ook op facebook: Anton van Zyl (Kuierkerk) |
VUL-N-MAGIE MET MARIETJIE VAN HEERDENMarietjie en Willie van Heerden spandeer meeste van hullle tyd om sowat 60 gesinne in en om Hartbeespoort te versorg met kospakkies uit die gemeenskap van sowat R400 elk maandeliks en ook skenkings van klere, meubels en selfs motors. Hulp is altyd welkom en donasies of skenkings kan aan Marietjie gegee word wat dit onder behoeftiges uitdeel-
Kontak haar by: 082 338 0187. |