Ontstaan van die Kuierkerk
WAAR IS ONS? goo.gl/maps/HQtqcVairq8WsNMo6
Kuierkerk is 'n informele kerk waar elke persoon se unieke belewenis met God Drie-eenheid belangrik is. Ons glo dat verhoudings met God en mekaar belangrik is - en veral kuier om 'n koppie koffie.
Ons predikant is ds. Anton van Zyl wat sy Teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi het asook sy Meestersgrade in Antieke tale en Gesinsberading. Hy is tans besig met sy doktorale studies. Hy kom uit die NG kerk tradisie en is by uitstek 'n kenner op die gebied van kerkvernuwing. Hy is in sy hart 'n kerkhervormer wat glo God het 'n unieke pad met elke mens en daarom moet elkeen sy geloof kan uitleef binne sy eie konteks en in 'n veilige geloofsgemeenskap waar verhoudings en liefde belangriker is as mensgemaakte reels. God is immers liefde in die eerste plek!
As jy nog wil weet - hier is in kort nog ietsie: Anton was aanvanklik 'n NG predikant op Harties. Hy het egter 'n hart vir kerklos en kerkseer mense wat kerke verlaat as gevolg van verskeie redes. Hy het Kuierkerk begin as 'n groot selgroep aanvanklik - informeel - en dit het self gegroei tot 'n onafhanlike kerk. Ons glo aan persoonlike verhouding met God en om elkeen te respekteer met sy eie unieke Christelike belewenis. Ons wil nie dat te veel reels die rigting bepaal nie, maar wel persoonlike verhouding met God drie-eenheid. Ons glo in 'n seen wees vir die mensdom soos God vir Abraham al doerietyd die opdrag gegee het en dit ook vir ons kom wys het in Jesus se lewe op aarde. Ons glo in Christus as God wat mens geword het. Hy is ons Saligmaker en Redder. Sonder hom is ons niks. Ons glo om soos Hy 'n seen te wees vir ander. En die Ou testament is belangrik om die nuwe te verstaan.
Anton is ook gereeld besig met oorsig Bybelskole om die hele Bybel in sy volheid te probeer verduidelik maar in eenvoudige terme. Ons glo in die Ou Testament as grondslag vir die Nuwe en die gebooie en als en dat Christus die wet volbring het. Ons het niks snaakse dogma of spesifieke reels nie. En ons glo almal moet hul gawes kan toepas in die kerk en dat almal betrokke moet wees op grondvlak in die wêreld waar hulle vir en namens Christus 'n verskil moet maak.
Die woord Kuierkerk is eintlik afgelei van Koinoinia wat mos die gemeenskap van die heiliges beteken. Ons meen dat Kuier die gemaklikste vorm van saamkom is - Kuier as Christene en in die naam van Christus.Ons dienste begin Sondae so van 8:30 af maar amptelik 9 uur. Vooraf drink ons saam koffie en kuier saam en eet beskuit! Dan begin ons met bietjie voorsang - met kitaar en klawerbord. Dan is die preek aan die beurt.
Ons is by Xanadu Crossing winkelsentrum in Hartbeespoort op die R511. Voor in die hoek links - in 'n groot winkelarea. Jy is welkom. Daar is n kinderkerk vir voor- en laerskool kinders tydens diens aan die gang. Jeug kom by mekaar direk na diens.