PROJEK VIR ARMES BENODIG HULP
Carla van der Spuy
Foto: Carla van der Spuy 2013-07-11 00:00
Marietjie van Heerden van die Vul ’n Magie-projek met geskenkte komberse.
Die hele jaar lank het Marietjie van Heerden van Hartbeespoort haar hande vol om meestal Afrikaanssprekende behoeftiges in dié dorp en in Wolmer, Pretoria, van kospakkies en klere te voorsien.
Met die snerpende winterkoue is daar nou ’n behoefte vir snoesige en skoon komberse.
Die kombersprojek is deel van die Vul ’n Magie-projek waarby Van Heerden reeds jare betrokke is. Sy wil graag vir elke lid van die gesinne op haar lys ’n kombers saam met die kospakkies uitdeel. Om hierdie pakkies ter waarde van R400 elk uit te deel is sy van goedhartige lede van die publiek afhanklik.
Anders as talle ander mense het Van Heerden empatie met wit bedelaars wat met bordjies om hul nekke op straathoeke staan.
“Baie kan werklik nie werk kry nie,” vertel sy.
“Ek het reeds tien komberse gekry, maar my mikpunt is om so gou moontlik 100 komberse in te samel.”
Van Heerden vertel van hartverskeurende armoede in huise waar daar nie net voedselnood is nie, maar waar mense ook byna van die koue verkluim.
Baie van die huise waar sy kospakkies aflewer het byvoorbeeld nie eers plafonne nie.
Sy is bekommerd oor een gesin met kinders waar die tienerseun (13) weens ’n tekort aan ruimte noodgedwonge ’n kamer met ’n klein sussie (8) in hul munisipale huis van “vuurhoutjieboksie”-grootte moet deel.
“Die ouers vrees die kinders kan om dié rede deur die welsyn uit hul sorg verwyder word. Dit sou wonderlik wees as iemand ’n kamer kan aanbou. Die pa verdien net meer R2 000 per maand, wat skaars genoeg vir sy vervoer is. Hy sal eers ’n beter inkomste kan kry as hy sy registrasiedokumente ontvang, maar dit word deur administratiewe rompslomp vertraag.”
Van Heerden vra vir skenkings aan die Hartbeespoort-klerebank vir behoeftiges en sy vra mense wat belang stel om bydraes te lewer om haar te kontak en klere na die plaaslike Kuierkerk te bring. Daar is ’n behoefte aan skool- en ander klere.
Van Heerden kan by [email protected] of by 00823380187 gekontak word.
Artikel: http://www.noordwesbeeld.com/72932/news-details/projek-vir-armes--benodig-hulp