KAMPE: KOKORIBA 2018
Die Kuierkerkers het in September in 'n massa opgetrek na Kokoriba en n gesinskamp gehou wat so effens anders is as die gewone kerkkampe wat jy dalk van weet. ONs doen dinge informeel en op die kuier-manier - elkeen moet die kamp geniet, mekaar raak-kuier en meer weet van mekaar wanneer ons teruggaan huistoe. Ds. Anton het n kort praatjie of twee gehou met die tema: Die hand vol kaarte wat jy gedeel is. Met n pak kaarte het hy die HEre we wil in ons lewens beklemtoon en ook ons eie deelname daaraan aangespreek. Lekker man. Ds.Hardus het die Sondagoggend diens gehou en ons musiekfabriek: Cobus Burger (en LIza) en Johan en Jannie Kleynhans het die voete gekielie met hulle kitare en keybord. Ons is almal as groot vriende huistoe - dis die ding van lekker kerk - dis LEKKER! Ons sien uit na die volgende kamp!