BYBELSE MUSIEKBLYSPELE
(MET 'N MODERNE TWIST)
Geskryf deur: Rene' van Zyl (www.renevanzyl.blogspot.com)
christian Musical Theatre - Click here:
christianmusicaltheatre.weebly.com/?fbclid=IwAR1l6X2Yo_vSEf_SCW-Ugo8VmYEFdRwA3e88v2F1U5T6HdfuVpxRzglhmQA
CHRISTIAN MUSICAL THEATRE - CLICK HERE: christianmusicaltheatre.weebly.com/?fbclid=IwAR1l6X2Yo_vSEf_SCW-Ugo8VmYEFdRwA3e88v2F1U5T6HdfuVpxRzglhmQA
Ou Bybelse verhale word nuut geskryf...
As oud-joernalis, kinderwerker en skrywer is my brein heeltyd besig om stories uit te dink wat maklik verstaanbaar is: stories wat inlig, opvoed en vermaak! Ek is lief om teaterstukke te skryf oor Bybelse verhale maar gee die verhaal meer vleis, meer familie en meer verhoudings om die ou Bybelse figure meer verstaanbaar te maak. En dan gebruik ek hedendaagse musiek om die storie nog meer trefkrag te gee, sodat mense vandag die stories meer aktueel kan verstaan en daarmee kan identifiseer.
Ek het reeds sewe musiekblyspele geskryf sedert 2008 en ons voer jaarliks een op by ons kerk, Kuierkerk, op Hartbeespoort. Dit is deur en vir die gemeenskap en ek kan met trots sê dat ons besonder begaafde akteurs en sangers in ons dorp het. Ons gebruik gewoonlik tussen 20-30 spelers en die gemeenskap kan nie wag dat die volgende blyspel opgevoer word nie. Dit is tweetalig en gewoonlik is die Jode Afrikaans en die vyande Engels (soos die Persiers of die Filistyne! - Nee, ek bedoel niks daarby nie!). Die lekkerste is as iemand sê dat hulle nooit besef het die Bybelse karakters was ook maar net mense nie. En ook as hul sê hul het weer die storie in die Bybel gaan lees en verstaan dit soveel beter! Ek dank die Here vir hierdie kreatiewe middel om Sy Woord te verkondig. En ek geniet dit so baie om dit te skryf. Die musiek wat ek gebruik se woorde help om die atmosfeer te skep en dit vertel iets van die verhaal wat 'n mens nooit regtig aan gedink het nie. Kontak my gerus as jy so iets sou wou opvoer by jou kerk.

Hier is 'n lysie van die teaterstukke:
2008 (Des): Mamma Mia, a Child is born (Die liefdesverhaal van Josef en Maria met die musiek van Abba en kersliedere van Boney-M)
2009 (April) Joseph and his Amazing Blue Suede Shoes: Die verhaal van Josef, die dromer, met die musiek van Elvis! (Ja, jy kan nie glo hoe lekker die musiek hier in gepas het nie!)

2009 (Des) Mamma Mia, Here We Go Again: Die liefdesverhaal van Josef en Maria, herskryf om die verhaal van Johannes die doper en sy gesin in te sluit - met die musiek van Abba.
2010 (April) A New Day Has Come, a Passion Play:Die verhaal van Jesus se gesin, veral sy twee susters wat tydens die Paasfees in Jerusalem opeindig. Die een suster raak verlief op die einste Centurion wat Jesus se spykers sou inslaan. 'n Verhaal van vergifnis en opoffering. Met die musiek van Celine Dion - pragtige musiek met diep geestelike simboliek in.
2011 (April) Samson, the Lion of God: Die verhaal van Simson, sy gesin en sy liefdeslewe. Met die musiek van Queen (Ja, glo dit as jy wil, hier gebruik en Queen se musiek om die Evangelie te verkondig - dit was 'n heerlike mallemeule van aksie, humor en energie.)

2012 (April) King David and his eight Wives: Die verhaal van Koning Dawid en die lief en leed van sy vrouens, sy verhouding met die bose koning Saul en sy oorwinning en sy swakhede. Met die musiek van Simon and Garfunkel/ Shania Twain/Laurika Rauch.
2013 (Mei) Esther, Queen of Persia. Die verhaal van die kuise Joodse meisie wat in 'n dinamiese koningin verander wat haar volk red. OOk die lief en leed van haar ouers en die Paleispersoneel word vertel - met die musiek van Adele en Roxette. Dit klink dalk vir jou vreemd maar dit is 'n heerlike moderne Bybelse ervaring wat mense met nuwe oë na die Bybelse helde kyk. Jy kan ook so iets opvoer met Christelike musiek as jy sou wou. 2014 Daniel, lion of God (foto heel regs) die verhaal van Daniel (en sy vriende, liefdes, ens) wat uit sy veilige tuiste in Israel geruk is en na Babilon ontvoer is en hoe hy moes oorleef met slegs sy vertroue in God. Musiek van Elton John. 2015 Paulus van Tarsus, 'n musical - Die ongelooflike verhaal van die man wat geen bang haar op sy kop gehad het nie, eers terwyl hy Christene vervolg en later terwyl hy die evangelie na die wereld geneem het. Beleef sy humor, sy pyn en sy deursettingsvermoee. 2016 Kersete Vir Een, n kersblyspel - gebasseer op die bekende kort film, Dinner for one - met n Christelike kinkel. Webtuiste: Kliek hier: christianmusicaltheatre.weebly.com/?fbclid=IwAR1l6X2Yo_vSEf_SCW-Ugo8VmYEFdRwA3e88v2F1U5T6HdfuVpxRzglhmQA Kontak my as jy meer wil weet. [email protected] Of selfoon: 082 3964 100. Of: www.renevanzyl.blogspot.com |